George I van Groot-Brittanje

George I
Koning van Groot-Brittanje
Detail van ’n portret van George I, Godfrey Kneller.
Detail van ’n portret van George I, Godfrey Kneller.
Vorstehuis Hannover
Titel Koning van Groot-Brittanje
Regeer 1 Augustus 1714
11 Junie 1727[1]
Gekroon 20 Oktober 1714
Voorganger Anna
Opvolger George II
Titel Keurvors van Hannover
Regeer 23 Januarie 1698
11 Junie 1727
Voorganger Ernst August
Opvolger George II
Ander titels SM[2] die Koning
SDH[3] die Keurvors van Hannover
SDH[3] die Erfprins van Hannover
Erfprins van Brunswyk-Lüneburg
Hertog Georg Ludwig van Brunswyk-Lüneburg
Volle naam George Louis
(Duits: Georg Ludwig)
Gebore 28 Mei 1660; Osnabrück, Hannover
Oorlede 11 Junie 1727; Osnabrück, Hannover
Begrawe Herrenhausen, Hannover
Eggenote Sophia Dorothea van Celle
getroud 1682; geskei 1694
Kinders George II van Groot-Brittanje
Sophia, koningin in Pruise
Vader Ernst August, keurvors van Hannover
Moeder Sophia van die Palts

George I (George Louis; Duits: Georg Ludwig; 28 Mei 1660 – 11 Junie 1727[1]) was van 1 Augustus 1714 tot met sy dood koning van Groot-Brittanje en van Ierland, en van 1698 die heerser van Hannover in die Heilige Romeinse Ryk.

George is gebore in Neder-Sakse in wat nou Duitsland is, en het later die titel en grond van die Hertog van Brunswyk-Lüneburg geërf. Danksy ’n paar agtereenvolgende oorloë in Europa is sy grondgebied tydens sy leeftyd uitgebrei en in 1708 het hy keurvors van Hannover geword. Op 54-jarige ouderdom, ná die dood van koningin Anna van Groot-Brittanje het hy die Britse troon bestyg as die eerste koning van die Huis van Hannover. Hoewel meer as 50 Katolieke nader aan Anna verwant was, het ’n Britse wet van 1701 Katolieke verbied om monarg te word, en George was Anna se naaste Protestantse familielid. In reaksie het die Jakobiete probeer om hom te onttroon en te vervang met Anna se Katolieke halfbroer, James Francis Edward Stuart, maar sonder sukses.

Tydens George se heerskappy is die mag van die koning verminder en het Brittanje sy oorgang begin na die moderne stelsel van ’n kabinetregering met ’n premier as leier. Teen die einde van sy regering was die werklike mag in die hande van sir Robert Walpole, Groot-Brittanje se eerste de facto-premier. George is dood terwyl hy sy vaderland, Hannover, besoek het en is daar begrawe.

  1. 1,0 1,1 Die Juliaanse kalender, wat in hierdie tyd in Brittanje gebruik is, word deurgaans vir datums in hierdie artikel gebruik, tensy anders aangedui; daar word egter aanvaar dat jare op 1 Januarie begin en nie op 25 Maart, wat die Engelse Nuwejaar was, nie.
  2. Sy Majesteit
  3. 3,0 3,1 Sy Deurlugtige Hoogheid

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search